Breytenbach_Sentrum.jpg

Die Breytenbach Sentrum, wat rofweg 150 jaar gelede gebou is, is ’n kultuur-historiese erfenis geleë op Wellington in die Wes-Kaap. Dit is die voormalige woning van die inter­nasio­naal-erkende digter, Breyten Breytenbach, en sy broers en suster, wie se ouers die gebou in die vyftigerjare as ’n losieshuis bedryf het.  Nadat die Breytenbach-familie die huis in 1974 verkoop het, het dit so agteruitgegaan dat die destydse Drakenstein Munisipaliteit dit wou sloop. ’n Groep entoesiastiese kunsliefhebbers het die gebou in die negentigerjare van die munisipaliteit gekoop en, met die onder­steu­ning van die Breytenbachs, is die langsame pro­ses aangepak om die gebou as ’n kuns- en kultuursentrum te ontwikkel. Die Breytenbach Sentrum is op 26 Februarie 2007 - met sy klassieke argitektuur en unie­ke, ouwêreldse sjarme – geopen, en bied allerlei kuns-bemagtigingsprojekte aan. Die Grevilleas Kunsgalery en Bôrdienghuis Teaterkafee, is deel van die Breytenbach Sentrum.

Webtuiste:    www.breytenbachsentrum.co.za    Epos:   info@breytenbachsentrum.co.za

Tel: 021-8732786