Wamakersvallei_3.jpg


KURSUSBESONDERHEDE – HUISHOUDING & KOOKKUNS 

Die kursus strek oor agt weke met klasse wat een dag per week aangebied word vanaf 08h00 tot 15h45.  Slegs 10 studente per klas word aanvaar. 

Die kursus bestaan uit twee kook-/baksessies en een huisbestuursessie per dag. 'n Sertifikaat word by die algemene Wamakersvallei Sertifikaatplegtigheid aan elke student oorhandig. Bywoning van al die klasse is verpligtend. 

Die koste is R1500, en sluit 'n handboek en alle benodigdhede in.  Studente moet voorsiening maak vir hul eie verversings en etes.

Assessering sal deurlopend en na afloop van elke kooksessie plaasvind. 

 AFDELING 1:  HUISHOUDING (2 ure per dag) 

  • Kombuisbeplanning – organisasie
  • Selfbestuur en tydsbeplanning
  • Maaltydbeplanning
  • Finansiële beplanning en besparing
  • Tafeldek volgens spyskaart
  • Blommerangskikking en versiering
  • Wynetiket & gasvryheid en onthaal
  • Noodhulp
  • Huisbeveiliging
  • Higiëne & algemene skoonmaak van alle vertrekke
  • Was en stryk & vlekke verwydering

 

AFDELING 2:  KOOKKUNS (4 ure per dag) 

  • Gaarmaakmetodes
  • Mate en resepte lees
  • Kombuistoerusting
  • Groente- en vrugteverwerking (konfyt; inlê)
  • Ontbyt – eiervariasies, garnering
  • Middagetes
  • Aandetes
  • Klein gebak – koekies, beskuit
  • Groot gebak – koeke, versiering

 

Belangstellende persone kan  vir Elsabe Lintvelt kontak by onderstaande nommer of by:  083 630 8201

Epos:   elsabe@wamakerstraining.org.za

Sentrumbestuurder       021 873 5942 (t)       086 509 6509 (f)

 Wamakersvallei_2.jpg

 

Wamakersvallei Opleidingsentrum

Posted by admin on May 15, 2013