Landbou.jpg

Kontakte vir belangrike inligting

Skakelnommers tussen 5am en 7pm

Kaap Agri - Landlyn

Skakel Kaap Agri wat u sal deursit na die Wellington Landbouvereniging inligtingskantoor

021-873 1361   / 021-873 2051  / 021- 8735107  / 021-8734478   

Indien dit beset is skakel die volgende Selfoon nommers

082 7317 306  / 082 7327 696  / 082 259 7487 

Jan Louw Du Plessis  - 082 802 0088 


Skakelnommers na 7pm

A/o Hugo     -  082 443 5714

Polisie Stasie - 021 864 8440

Polisie Voertuig vir Sektor 4 - 082 469 1502

Eposinfo@wlv.co.za

Inligting tov van voorvalle tydens protesaksies sal op die webtuiste www.wellingtoninfo.co.za geplaas  en gereeld opdateer word 


 

Donderdag 2013.01.17

08:00

 

Alle stakings aksies is op die huidige oomblik stil.   Alle paaie is oop vir die publiek


 



Woensdag 2013.01.16  

 

Update 12:00

 

 Stakings is tans in en omWellingtonbaie rustig.  Alle paaie is oop vir die publiek.

 

Update 08:00

1.  Lady Loch is gesluit van beide kante: Stokeryweg en R45. As gevolg van klipgooi vroeer vandag in Blignaut straat moet vragmotors die straat asseblief vermy.  Alle ander paaie is tot dusver nog oop.

2.   Vannag teen @ 2 uur is die pakstoor op Sanrivier aan die brand gesteek .Huule het eers die water na die plaas gesaboteer en toe brand gesteek .Die skade aan die een stoor word geraam op +- R50 milj. Die brandweer kon nie veel doen om die store te beskerm nie .Nie lank daarna is die store met al; die trekkers in op Modesto ook brand gesteek .Ons wil graag almal waarsku om hulle store en eiendom dop te hou vir moontlike brandstigting en verdagte persone.

 

 



Dinsdag 2013.01.15  

Tyd 18:30  -  Vir more is daar onbevestigde inligting dat die stakers die 'shop en drop" aksie gaan doen deur alle vrugte in diemandjies en trollies te pak en dan weer net so te los by die betaal punt. Dit reeds in ander gebiede gebeur so ons voorstel is dat die winkel eienaars hulle sekuriteit sal opskerp .Daar word geen misdaad gepleeg nie .

Verder versoek die Wellington SAP dat die publiek asseblief gehoor sal gee ann die pad sluitings .Vanoggend was daar verskeie gevalle waar wellington motoriste die verkeer en polisie gevloek het en dan om die pad versperrings gery het.Daar is ook onbevestigde gerugte dat die paaie veral teen Donderdag gesluit sal word waar stakers gaan probeer verhoed dat die vrugte van boere na koelkamers en hawens vervoer sal word . Ons wil juis vir Donderdag weer die publiek versoek om nie die paaie waar daar verkeers beheer toegepas word te verontagsaam nie .  

Alle tekens dui daarop dat die stakers weer more aktief sal wees .Ons sal reeds vanaf 5 uur aan diens wees om die nodige inligting deur te gee. Persone kan enige tyd skakel om te verneem waar daar padsluitings is


tyd  07:00 

Jan van Riebeeck weg, die pad tussen Wellington en Paarl sal vanoggend 2013.01.15 weens klipgooiery en staking gesluit wees. Motoriste word versoek om alternatiewe paaie te gebruik.

Vragmotors wat werkers in Mbekweni wil optel word met klippe gegooi

Geen voeryuie word in Blignautstr toegelaat weens klipgooiers.

Die pad tussen SAS corner en Bergrivier skool is ook gesluIT

 

Update:   Tyd    10:05

Alle Paaie is oop, behalwe Blignaut straat.  Die meeste aksies vind plaas in Blignaut straat, vanaf Sas Corner. Vermy asseblief hierdie gebied.

  Update:    Tyd  12:30

Alles is op die oomblik stil in en om Wellington. Alle paaie is oop.

 
 
 

 


Vrydag 2013.01.11

Nuwe Inligting Ontvang:

 

Ceres: Staking is aggressief aan die gang.Tronsberg pas is toegemaak.

 

Prins Alfred Hamlet: Stakings aksies het begin.

 

Wolsely: Staking is baie ernstig.

 

De Doorns: Pakstore is gesluit maar die N1 is oop.


 

Donderdag 2013.01.10

 

10:30   Hiermee net weer 'n update van die staking in die omliggende omgewing

 

De Doorns: N1 is nog gesluit, maar die deurpad deur die dorp word gebruik.

 

Ashton: Voorvalle van intimidasie. SAPS arresteer maar alles is stil op die oomblik.

 

Barrydale: Gister was daar 'n optog. Polisie monitor situasie.

 

Worcester: Avian Park - Bande aan die brand gesteek, maar situasie is onder beheer.

 

Bonnievale: SAPS monitor.

 

Ceres/Nduli: Voorvalle van onrus aangemeld. SAPS is op die toeneel.

 

Wolsely: Insidente van intimidasie het voorgekom waarna arrestasie gemaak is. SAPS monitor situasie.

 

Tulbagh: SAPS monitor die situasie.

 

Citrusdal: SAPS monitor situasie.

 

Porterville: Voorvalle op die plaas De Tuin. SAPS monitor situasie.

 

Clanwilliam: Insidente van intimidasie het plaasgevind. SAPS monitor situasie.

 

Grabouw: Blokasie van N2 en intimidasie insidente het plaasgevind. Skade aan privaat voertuie is aangerig. SAPS monitor situasie.

 

Riviersonderend: Protesoptog is gehou.SAPS monitor situasie.

 

Swellendam, Montagu, Saron is stil en rustig.

 

Gebiede nie genoem nie is stil.

 

SAPS monitor die oplaai en aflaai punte van werkers gedurende die oggend en aand by al die genoemde gebiede.

Produsente en werkers moet alle voorvalle van intimidasie en aanranding rapporteer aan SAPS

07:30   Geen teken van stakings by die normale oplaai punte nie. Indien situasie verander sal dit rapporteer word.


  



Woensdag 2013.01.09

Update: 4  Tyd: 15:00

Alles is nogsteeds stil in en om Wellington.

Geen stakingsaksies is gerapporteer nie.

Alle paaie in en rondom Wellington is oop en veilig.

Polisie sal by voorbaat in elk geval die aflaai-punte tydens aflaai-tye patroleer.

Update: 3 -   Tyd:  12:00 

Clainwilliam: tussen 300 en 350 rustige stakers so 2km buite die dorp

Wolsely: 150 stakers verkeer rustig by die brug

Grabouw: Die N2 is weer oop.

Tulbagh: 20 arrestasies vir intimidasie, maar nou rustig.

Alles is nog doodstil in en om Wellington. Alle paaie is oop en veilig.

Ceres, Franschoek, Malmesbury en De Doorns tans baie rustig.

 

Tyd     09:20

 

Alles is nog rustig in en om Wellington en daar is tans geen tekens van stakings.

Die volgende inligting oor omliggende gebiede:

Citrusdal: Daar was klip gegooi en twee gearresteer

Grabouw: N2 is tydelik toe gemaak met 'n ompad deur die dorp

Franschoek, De Doorns en Ceres nog geen aktiwiteiete nie.

 

 


 

Datum: 2013.01.08

Tyd: 16:00

Dit is weereens van More Oggend af Stakings tyd  en wil graag net weer al die inwoners van Wellington in kennis stel dat die Wellington Landbouvereniging se inligtingskantoor weer vanaf more oggend 05:00 by Kaap Agri sal wees en kan hulle ons gerus weer kontak by dieselfde kontakbesonderhede wat tans op die webblad verskyn.

 

 



Datum:      2012.12.05

Tyd:         08:00

Vir ’n gedeelte van die dag sal Jan van Riebeeckstraat in Wellington, vanaf die Poskantoor (Kerkstraat)tot by die Polisiekantoor (Malherbestraat) moontlik gesluit word vir verkeer. Dit sal gedoen word as voorsorgmaatreël vir die 11 persone wat vandag in die Hof verskyn wat gister tydens die protesaksie op Sandrivier gearresteer was. 


 

Datum:      2012.12.04  

Tyd:   07:30

 Op die oomblik is daar geen aksies in en om Wellington nie en alle paaie is oop en veilig.

Tyd: 09:20

Alles is rustig in Wellington en die paaie is nog oop.

 Tyd: 10:50

Alle paaie in en om Wellington is nog oop. Ons sal u op hoogte hou van enige paaie wat deur die dag gesluit mag word. U is welkom om ons direk te skakel op landlyn: 021 873 1361 of 082 259 7487 vir inligting. Daar is tans twee beheerde veldbrande een by Sandrivier en een by De Rust. 

 

Tyd   13:45

Alles is nog stil en rustig in en om Wellington. Daar is 11 aresstasies vroeer gemaak by Sandrivier. Alle Vure is geblis. 

pic12.jpgpic6.jpgpic3.jpg

Opsomming vir die dag 2012.12.04   -   18:00

By Sandrivier was daar 11 mense gearresteer wat brande wou stig, maar dit was gou onder beheer gebring en die res van die dag het eintlik baie goed afgeloop. Daar was hier en daar baie klein groepies wat bymekaar gekom het, maar niks noemenswaardig het daarvan gekom nie. In die Paarl was daar ongeveer 350 wat 'n end in die hoofstraat afgeloop het ( onder begeleiding ) maar daar was ook geen voorvalle nie. Alle die paaie was die heeldag oop.

Ons is vol vertroue dat dit so sal bly, en sal die webtuiste http://wellingtoninfo.co.za/index.php/organisasies/wellington-landbouvereniging/ gereeld opdateer indien u op hoogte wil bly, besoek dit gerus.




 

 

 

 

 

Vals gerugte  

Datum     2012-11-22

Kinders op laerskole sirkuleer onder mekaar nou sms’e dat daar stakings in Wellington aan die gang is, en diè naweek word plase in en om Wellington brand gesteek, dis natuurlik alles onwaar,  stel dit net duidelik dat die inligting wat tussen die kinders versprei word net gerugte is.  Daar is geen stakings op die oomblik, alles is rustig in Wellington.

 Baie dankie

Jan Louw du Plessis


 


Datum      2012.11.29

Daar is ’n epos wat die rondte doen van ’n ene Manie van Schalkwyk, vermoedelik van die Wes Transvaal  met die volgende strekking  

 “Die groot dag het nog nie aangebreek nie! Vanaf Vrydag 30 November 2012 moet alle Blanke Boere-gesinne(mense) glad nie saans na donker buite hul huise sit en kuier en onnodig in die strate rondry nie. “

 " Dit is ongelukkig weer een van daardie opswepende e-posse wat graag wil hê die boere moet iets doen .Versoek asb almal om die e-pos te ignoreer want dit is glad nie waar nie ."

 


Datum       2012.12.03

Ons het inligting ontvang dat daar onbevestigde protesaksies moontlik more in Stokeryweg / Hermon pad kan plaasvind.  So ons adviseer die publiek om more, 4 Des 2012,  waar moontlik eerder alternatiewe roetes te gebruik.